Sondag 24 Desember 2017

Beesstertpotjie (ossestaartstoofpot)

Ek het vir Kers 2017 'n beesstertpotjie gemaak.

Die resep:



ca 600 gram beesstert (ossestaart)
1 EL botter (roomboter)
1 EL olyfolie
1 ui, in stukkies
1 huisie knoffel (teentje knoflook)
200 ml droƫ wit wyn
200 ml beesvleisboeljon (runderbouillon)
'n bietjie peper
1 naeltjie (kruidnageltje)
1 EL blatjang (chutney)
100 gr spekkies
2 wortel, grof gekap
2 stingel seldery, gekap in stukkies van 5 cm.
1 patat, grof gekap (zoete aardappel)
4 tamaties, in vier stukke gesny (tomaten)



Maak die boeljon warm. Verhit die botter en olie in 'n kasserol (braadpan) en braai die stukke beesstert om en om tot hulle bruin kleure. Kry hulle 'n rukkie (even) uit die pan. Bak die stukkies ui en knoffel en voeg die vlees by. Dan kom die wyn en boeljon in die kasserol en sit die vuur vir 'n rukkie hoog. Voeg peper, die naeltjie, die spekkies en blatjang by. Sit (zet) die vuur laag en sit die wortels, seldery, tamaties en patat bo-op (bovenop) die vleis. Laat 2 uur saggies prut met deksel op die kasserol. Proe of sout nodig is.

Eet met rys of kapokaartappels (aardappelpuree). Eet smaaklik.