Hierdie berig gaan oor die Meiringpoort, 'n pas tusse die dorpies De Rust en Klaarstroom. Dié pas verbind Klein Karoo met Sentraal Karoo. Bygesê die naam "Karoo" is 'n Khoi Khoi-woord en beteken "plek van min water". Die area is 'n halfwoestyn. Dit reën bygevolg min. Die sneeu op die Swartberg lewer die meeste water.
Voordat die pas is uitgelê was daar onsekerheid oor die behoud van die weg wanneer baie reën uitgesak sou het. Dit was 9 April 2017 toe daar in die aand swaar donderweer oor die Meiringspoort gekom het. Kliek om een klein stukkie weerlig te sien https://youtu.be/2vHC7u-Gf9Q. Die berge hou nie die water vas nie. Al die water soek die laagste plek en gaan reg deur die kloof af. Dis ook die plek waar al die water met modder en takke oor die pad vloei.
Die pad het die vloed oorleef. maar die Poort was 'n paar dae gesluit om die gemors te verwijder. Sie foto (10 april 2017).
Die Meiringspoort is belangrik vir die vervoer van produkte van bo die Swartberg na die hawe in Mosselbaai.
Die Poort het ekonomies belang. Maar ek moet jou wys op die skoonheid van hierdie pas. As jy die kar moet stuur dan moet jy aanhoudend fokus op die kronkelende pad hou. Dan kan jy nie gelyktydig die omgewing bewonder nie. Gelukkig is daar verskeie aftrekplekke. ('n Mens kan daar selfs met sy geselskap braai!) Van daar uit kan jy geniet van jou geluksgevoel wat die Poort jou gee.
Die Poort het ekonomies belang. Maar ek moet jou wys op die skoonheid van hierdie pas. As jy die kar moet stuur dan moet jy aanhoudend fokus op die kronkelende pad hou. Dan kan jy nie gelyktydig die omgewing bewonder nie. Gelukkig is daar verskeie aftrekplekke. ('n Mens kan daar selfs met sy geselskap braai!) Van daar uit kan jy geniet van jou geluksgevoel wat die Poort jou gee.
C.J. Langenhoven (13 augustus 1873 - 15 juli 1932) het sommer op De Rust en die Meiringspoort gebly. Langenhoven was goed in die fantaseer. So het hy 'n vriend in sy kop, Herrie. Dit was 'n pers olifant. Langenhoven (wat in die 35 km verder geleë Oudtshoorn gewoon het) het die naam van sy olifant in die rotse gegraveer. Hy het die "Herrieklip" in ooreenstemming met sy humor beskou as 'n monument vir homself. Hy kon nie weet dat sy "Herrie" in 1973 ambtelik tot Nasionale gedenkwaardigheid verklaar sou word nie.
Langenhoven het baie beteken vir die Afrikaanse taal. Hy is ook die skrywer van Die Stem, wat in 1957 die volkslied geword het van Suid-Afrika tydens die Apartheid.
Oor die Meiringspoort skryf Langenhoven in sy boek Sonde met die bure: "...nou is in elke drif 'n draai en om elke draai 'n drif..." Tydens my besoek aan De Rust wou ek die waterval Rust en Vrede gaan sien. Die toegangspad was gesluit in verband met die noodweer. (Ek het toe nog nie geweet daar is 'n staproete na die waterval nie. Of is daar twee watervalle?) Die Meiringspoort kom mooi in beeld in 'n video oor Oudtshoorn en De Rust. https://youtu.be/X_SZX0SYqR8
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking