Vrydag 12 Januarie 2018

Bredie



Bestanddele:

300 gr beesvleis
200 gr maer spek in repies gesny
200 ml beesboeljon
1 groot wortel of enkele klein wortels
1 stingel seldery
2 klein sterk uie
2 tamaties
1 eiervrug
50 gr mielies
1 eetlepel meel
2 eetlepels olyfolie
1 knoffelhuissie
1/2 teelepel marjolein
1/2 teelepel roosmaryn
takkie tijm
1/2 teelepel paprika
2 teelepels blatjang
2 teelepels sambal
'n bietjie gemengde peper

Metode:
1. Doen die olyfolie in die kastrol. Voeg die spekkies by. Sny die vleis in blokkies van 3 cm en voeg by in die kastrol. Bak die vleis rondom bruin.
2. Voeg die sous, mielies, uie en groente by. Sprinkel diƩ met 'n bietjie meel. (Herhaal dit tydens die stowe tot die gewenste dikte.)
3. Voeg die peper, knoffel (gepers), kruie, sambal en blatjang by.
4. Bring tot kookpunt en laat die geheel 4 uur stowe oor lae hitte.

Dien dit op met kapokaartappels of rys.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking