Vandag het die KKNK begin. Maar daar was reën, 22 mm. Daar was min gaste op die KKNK-terrein. Ek het baie geniet van Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe, 'n komiese duo. Hulle maak grappe oor Zuma, die Guptas, Junita du Plessis en talle ander mense wat ik nie ken nie. As ek nie so balie Suid-Afrikaanse coerante gelees sou hê nie dan sou ek glad niks verstaan hê nie. Dis lekker om die taal uit die hart van hierdie land te hoor. Dis hoekom ek hier is.
Daar was 'n protes van die familie van Josh Pharao, 'n seuntjie van 9 wat die vorige KKNK in die ruim van militêr voertuig geval het. Hy het hierdie fratsongeluk nie oorleef nie. Die familie -wat ek raakgeloop het- se oupa het die woord gedoen. Hij sê die Weermag het bevind die ouers het nie naar hul kind omgesien nie. Die familie het baie hartseer daaroor. Hulle sê die seuntjie was toevertrou aan die militêre begeleiders en juis dié het nie opgelet nie.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking