Woensdag 04 April 2018

De Rust 3 April 2018

Ek is bly. Elke dag lewer verrassings. En elke dag wedywer met die ander vir die "ek-is-die-lekkerste-dag-van-Jos-s'n-Suid-Afrika-reis-2018. Sal gister wen? Ek weet nie. Vandag kan ook wen. Hoekom?
Ek het die Swartbergpas gery van Prince Albert Oudtshoorn toe.


Die berge is rêrig die werk van ons liewe Heer. Hy het klip vir klip gestapel om die Swartberge te modelleer. En daar mag jy ry in jou kar oor daardie sandpad. Jy moet goed dophou. Die hoogste konsentrasie is vereis. Die pad is smal. En karre kom jou tegemoet. Pas op. Geniet van die vergesigte.
As jy anderkant Oudtshoorn toe kom en afdraand gaan dan het jy 'n baie mooie ervaring in jou kop sit. Dit gaan jy nooit vergeet nie.

In die aand het die Venters gaan eet op Klaarstroom. Hierdie is een dorpie bo-op die Meiringspoort. Jan en Theresa het my genooi om saam te gaan. Ons het lekker kos gehad: lamsbout. Ek het met seun Janneman gesels oor die groot goeters wat aangaan in die wêreld. Dit was baie lekker.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking