As ek dink die een dag kannie oortref word nie dan gaan dit mos weer gebeur.
Vandag was ek bij die gespreksreeks wat hierdie keer gegaan het oor die oorlede digteres Ingrid Jonker. Dit was Petrovka Metelerkamp wat vertel het oor haar bevindings van haar navorsing na Ingrid se lewe. Ingrid kon haar lewe nie meer reg kry nie toe sy slegs 32 jaar oud was. Sy het in die see geloop of dalk geval en is dood. Petrovka het agtergekom daar is 2 koffers met dagboeke, briewe en ander dokumente van en oor Ingrid. Sy het ontdek dié bly by die nou oorlede Nederlandse digter Gerrit Komrij wat in Portugal gewoon het. Hy sê hy het vir hierdie koffers R 50.000 betaal en Petrovka kan die kowwers kry as sy dié geld (terug)betaal. Sy het dit nie gedoen nie. Sy het gedog die dokumente is nie reg nie.
André Brink (skrywer) het haar die deur gewys en hom nie bekommer oor wat dit met haar sou doen nie. Sy het swaargekry. Baie hartseer. Dit het vir Ingrid die begin van die einde ingelui. Die koffers het -bygesê- in Portugal gebly. Die huis van Gerrit Komrij is nou 'n museum.
Op die RSG-verhoog het Franja en Ruan Josh (kinders van Juanita du Plessis) gesing. Ek het baie geniet. Hulle het die liedjie Kaalvoetkind gesing. Ek had trane in my oë. Na die optrede het ek 'n bietjie gesels met hulle en hulle het vir my die cd "Kaalvoetkinders" geteken. Franja het vir my gevra wat ek de meeste het geniet op die KKNK. Natuurlijk Kaalvoetkind. Hulle was baie bly daaroor. Wat my die meeste getref het was hulle nederigheid. Ek het hulle daaroor gekomplimenteer.
Daar is soveel dinge wat diep aan my raak, sing hulle Ma. Ik stem saam want ek voel dit ook.
Hoekom dit het op my pad gekom? Of is ek op hierdie pad gestuur? God weet.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking