Als jy dié boek nog wil lees moenie hierdie artikel lees nie. Dan geniet jy min van die boek.
Hieronder vertel ek oor die boek "Ester" van Kerneels Breytenbach. Die laaste hoofstuk sit hierdie boek op sy kop. Ek het die boek toe weer gelees. Dit staan vir my vas, Doerkstra
is ’n baie onplesierige persoon. Dit skep hom plesier om mense onkant te vang en om
te verneder. Hy dink dit gee hom aansien. Eintlik vind ek Doerkstra ’n
patetiese man wat van binne baie min sterk is as wat hy lyk. Ek dink hy is bombasties
om sy eie twyfel te bedek. Tog is Doerkstra ’n romantikus: “ ’n Sug, ’n blik, ’n
hand wat uitreik en help. In die stilte van die oomblik is haar blik al wat tel
– oë wat mekaar vind en hou.” Dit is die gans eerste twee reëls van hierdie
boek!
Ek het talle verwijsings gevind van die eers onbekende feit
dat Doerkstra die (denkbeeldige) skrywer is.
Bladsy 9. “Tye verander, gebruiken nie. Soos dit vandag is,
só was dit toe. Luister na ’n ou juris, wat weet.” (Doerkstra was van de
hoofkarakters die enigste juris.)
Bladsy 20 en 21. Dit is Doerkstra die geag word hierdie
story te skryf, aangesien hy die “ek” is. Sie ook bladsy 316 waar Doerkstra
skryf: “’n Sug, ’n blik. Vir my was dít die begin. Oor jare het ek ander
beginne oorweeg.”
Bladsy 41. “Die oomblik waarop die verhaal vir mý begin, wetties
gesproke. Dit is presies waar dit vir my begin.” Dit is Doerkstra wie dit sê
oor die oomblik dat Thyra op die trein klim aan die hand van Bergman.
Bladsy 67. In hierdie
hoofstuk is dit Doerkstra wat vertel oor die gesprek wat Theo Erasmus gehad het
met AO Bergman. Doerkstra kan weet omdat dit gaan oor hom wat as advocaat Dr.
Malan se belange sal verteenwoordig in die trein.
Bladsy 105. “Vir Doerkstra (hy dans met Thyra terwyl sy sing
JS), wie se ore naby haar mond is, is dit wonderskone klanke, die stem van God
se magtige engelekoor getregter deur haar fabelachtige keel….. Die klanke sal
jare lank in sy heimwee hang. (Dis geen voorspelling nie, maar hy stel vas dat
dit jare lank gebeur het. JS)
Bladsy 151. “Is dit blos wat in haar nek opvlam, haar wange
effens verkleur? Die juris merk dit op. Nóú, met die sekerheid wat jare se
herbesoeke aan dieselfde herinneringe bring, sien ek dit nog, ’n sagte rooi.” Ook
in hierdie teks is dit Doerkstra wat skryf. Ek wonder hoe ek in hemelsnaam in
hierdie teks nie vasgelees het nie. Sonder om te weet dat dit Doerkstra is kan ’n mens dit nie verstaan nie. Presies so op bladsy 210 en 233.
Bladsy 210. “Is sý hart, wonder AO Bergman, só sigbaar?
Terwyl hy hom na haar wend, kan ’n mens, bij nabetragting en met die kennis wat
die jare bring, die vraag vra wat Bergman nooit sal nie: Is dit al troos wat sý
ken?”
Bladsy 233. “Presies wat Doerkstra op daardie oomblik besiel
het, kan die juris tot laat in sy lewe nie verklaar nie.”
In hoofstuk 29 lees ‘n mens “Doerkstra” nie weer nie, alleen
nog “ek”. Dit is die aanloop na die laaste hoofstuk waarin dit blyk dat Doerkstra
die skrywer is.
Ek ontvang graag terugvoer.
Heijen, 23 augustus 2017.