Dinsdag 22 Augustus 2017

Ester Kerneels Breytenbach 2014 9780798167956 resensie


Ons is in 1946. Adjudant-offisier Bergman, leier van Piet Retief se polisiestasie, kry die opdrag om die Duitse spioen Thyra Denk met die trein van Windhoek na Kaapstad te bring. Sy mag uitdruklik met niemand kontak hê tydens hierdie reis. Sy sal in Kaapstad verhoor word door die Gekose Komitee van die Volksraad. Sy moet getuig oor ’n gesprek wat sy in 1940 gehad het met Dr. Malan. (Vir meer inligting oor Malan: http://bit.ly/2wiNjs0). Dié politikus sal twee jaar later Eerste Minister van Suid-Afrika gaan word.) Sy het in daai gesprek vir Malan ’n boodskap gegee wat van die Nazi’s kom. “As Suid-Afrika na die oorlog -Duitsers dink hulle gaan vinnig die oorlog wen- goeie verhoudings met Duitsland wil hê, dan moet hierdie land verklaar hulle is neutraal in die oorlog.” Generaal Herzog, ’n politieke vriend van Malan, het in die Volksraad hierdie neutraliteit bepleit. (Dié het destijd werklik gebeur.)
Politieke teenstander van Malan was Smuts. Hy het agtergekom Malan het in 1940 gespreek met die Duitse spioen. Hy het die skriftelike verslag van die gesprek, wat van Von Ribbentrop kom (Hitlers minister vir Buitelandse Sake). Nou wil Smuts hê Malan kry hoogverraad aan sy broek. Dis hoekom mev Denk genooi is deur die Gekose Komitee. Dit lyk bekonkel. Hoe om te verdedig, Dr. Malan?
AO Bergman moet mev Denk in die trein bederf sodat sy gunstiggesind sal wees. Sy behoort nie in die trein in kontak kom met mense wat haar op ander gedagtes wil bring, soos die regspan van Malan. Onthou.
Wat beplan Malan? ’n Regspan! Hy stuur Dominee Theo Erasmus na Piet Retief om die AO se toekoms aan hom voor te lê. As hy saamwerk gaan hy dié ’n hupstoot geë. Wat moet hy dan doen? In die trein sal ‘n advocaat wees die haar getuienis sal laat afstem op wat Malan al reeds getuig het. In die uiterse geheim natuurlik. Die AO besluit om in sy eie toekoms te belê en stem saam. (Bijgesê, dink jy Bergman is corrup?)
Stasie Kaapstad. foto:
 Die Burger
Dan begin die treinreis. In die oë van die AO is daar ’n misterie rondom Thyra. Later sal hij agterkom dat Thyra eintlik Ester is. Ester is die spioen wat met Malan gespreek het en hom laat dink sy is Thyra Denk. In Berlijn het sy in ’n hoerhuis gewerk. Daar het sy kontakte gehad met Von Ribbentrop. Dit was haar taak om hom te spioeneer. (’n Mens, nee, ’n man is loslippig na die daad.) En dan het Willa Doerkstra op die toneel gekom, die verteenwoordiger vir Malan. Hy het sy geheime gesprek gehad met “Thyra” op ’n toilet. Daar was baie meer gesprekke nodig om de verklaring van Thyra af te stem op Malan se. Intussen het AO Bergman mal geword oor Ester en vice versa. Hulle het baie lakeneskapades onderneem.
Eers het Thyra volgehou sy sal die story vertel soos die werklik gebeur het. Later het sy saamgestem om te lieg. Maar sy het wel eise. Sy wil immuniteit vir haar man, Hans Denk, en vir haar eie. (Dat is te sê, vir die egte Thyra.)
In die gespreksreeks op daardie toilet het ook Doerkstra meer en meer mal geword oor Thyra. Sy het hom deurentyd subtiel verwerp. En dan -op die gang van die trein- hoor Doerkstra toevallig die AO Thyra “Ester” noem. Dit gaan geen gevolge hê nie. Doerkstra bly mal oor haar.
En dan is dit sover. Thyra word deur die Komitee gehoor. Op die ou end gaan dit gunstig wees vir Malan. (Dit kon nie anders gewees het nie. Selfs Kerneel Breytenbach kan niet agterna die geskiedenis nie verander nie.)
In die laaste hoofstuk (Die titel van die hoofstuk is “Da Capo”, wat beteken “begin weer”) skryf die skrywer oor “ek”. Hokaai! Dink! Is dit ’n verdigsel? Nee, kyk: “Sy (Ester) kyk nie na my nie, maar na Bergman.” Dié is gedurende die ganse treinreis Doerkstra oorgekom. Is Doerkstra die ekke? Ja. Die laaste hoofstuk gaan oor Doerkstra wat nou tachtig jaar oud is en oorsien sy lewe. Ester en Dieter Bergman het na Buenos Aires gegaan. Sy is dan wel fisiek weg, maar nie uit die hoof van Willa Doerkstra nie.

Ek het geniet van hierdie boek. ’n Pragtige plot ingepak in ’n noukeurig verslag van die reis en die mense wat saamgereis het. Die ganse boek is geskryf deur die waarnemer. Adjudant-Officier Dieter Bergman staan in hierdie story saam met Ester sentraal. En Doerkstra, hierdie ploert, hou bo-op ander.
Daar is nou vir my ’n nuwe dimensie wat my dwing die boek weer te lees en te beleef soos Doerkstra gedoen het. Sjoe! Dit het die vooropgestelde plan van die skrywer gewees. “Da Capo”; jy sal hierdie boek weer lees. As jy die boek nog nie gelees het nie, maar jy wil, moenie die berig hierbo lees nie.

Ek ontvang graag terugvoer!

Heijen, 19 Augustus 2017.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking