Woensdag 30 Augustus 2017

Pa, maak vir my 'n vlieër, Pa KKNK

14 april 2017
Ek het op Oudtshoorn 'n toneelstuk gesien: Pa, maak vir my 'n vlieër, Pa. Ek was as Nederlander vir 'n rukkie rêrig in die midde van die Suid-Afrikaanse kultuur. Dis 'n wonderlike gevoel. Ek gaan nou 'n bietjie oor die verhoogstuk skryf.

Org Verwey is 'n middeljarige man wat sy demente ma versorg. Hy dink hy is nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie. Maar Org is tog ook taamlik verward. Hy dink sy Pa sal kom. 'n Gas, se naam is ook Org Verwey, daag die aand op wat die verwarring in die ma se demensiebrein vererger en die ongemak in die beknopte woonstel versterk. Maar hierdie Org Verwey is nie sy pa nie, maar sy seun. Hy sê sy Pa het nimmer vir hom gesorg nie.
Die dieper boodskap is dié van 'n kind wat sonder ouers grootword omdat hulle te besig is om 'n vlieër te maak om saam meet hul kind park toe te gaan; en dié van iemand wat eendag wil trou, kinders wil hê, 'n huis wil bou en plekke soos Barcelona wil sien, maar nooit so ver kom nie; en van dié ouers wat sukkel om hul kinders uit die nes te skop.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking