Maandag 21 Augustus 2017

KKNK 2017. Mal oor Suid-Afrika

Hoekom ek is mal oor Suid-Afrika?
Dit het begin met die country-musiek van Thea, my vrou. Die liedjies van Juanita Du Plessis het ek baie mooi gevind. Ek het dié gesoek op Youtube. Toe het ek ook geluister na die liedjies van Juanita wat sy sing in Afrikaans. Op dié moment het ek lief geword op hierdie taal. Ek het meer wil weet oor dié taal en het meer gaan soek op internet. Ek het my ook ingeteken op Suid-Afrikaanse e-koerante (Die Burger, Rapport, Volksblad en Beeld). Meer en meer het ek oor hierdie land gaan leer. Toe het ek eendag met google gesoek na moontlikhede om my in te skryf vir ‘n kursus Afrikaans. Dié het ek gevind en gedoen. Die skool was net een klipgooi van my dorp. My liefde vir Suid-Afrika het groter en groter geword. Elke aand het ek op Youtube gekyk naar uitsendings uit Suid-Afrika. Op Youtube het ek my ingeteken vir kykNET. Ook het ek ’n toep afgelaai vir die nuus: Netwerk24. Juanita het my gunsteling sangeres geword. Op die facebook-blad van Juanita het ek eendag gesien sy sal optree op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) 2017. Ek het gedink ek gaan Suid-Afrika toe vir hierdie optree. Dis hoekom ek 6 april 2017 in Kaapstad aangekom het op pad Oudtshoorn toe. Ek het gebly op De Rust in Guest Lodge  www.housemartin.co.za.


Juanita du Plessis


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking