Die Meiringspoort begin in die dorp De Rust waar ek in April 2017 gebly het. |
Herrie bestaan nie regtig nie, dat is te sê nie fisies nie. Hy sit in sy kop, waar ook die skuld sit oor die sonde.
Wyshede van Langenhoven:
* Dit beteken nie altyd veel om 'n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op 'n begrafnis is die dooie man.
* Dis waar daar is nie rook sonder vuur nie: maar hoe meer rook hoe minder vuur.
* Moenie terugslaan nie. Slaan eerste.
* Die verstandigste mense wat ek nog in my lewe raakgeloop het was dié wat my vir 'n verstandige man aangesien het. (Of so gesê het.)
* Goed genoeg was nog nooit goed genoeg nie.
Langenhoven het in die Meiringspoort die naam Herrie in die rots gekrap.
Dis by die skoon dorpie De Rust naby Oudtshoorn.
Hy het gewoon op Oudtshoorn. Sy woning "Arbeidsgenot" is nou 'n museum oor hom en is 'n Nasionale Gedenkwaardigheid. Die tuisblad van die museum: http://bit.ly/2iJJdE4.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking