Sondag 10 September 2017

Is die KKNK vervlakte kultuur?


Doel KKNK
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is in 1995 die eerste keer gehou. (Een van die grondleggers was Oom Jans Rautenbach. Ek kom daar later op terug.)
Die doel van die KKNK was aanvanklik om die plaaslike gemeenskap van Oudtshoorn ’n ekonomiese hupstoot te gee. Ook was die doel om Afrikaanse taal en kunste te bevorder. Die KKNK het die verhoog geword van Afrikaanse kunste en een tuiste vir die Afrikaanse taal. Jy mag die fees sien teë die agtergrond van die verontrusting jeens die toekoms van Afrikaans en kunste. Die KKNK wil ’n nie-rassige begrip vir Afrikaans bevorder. Die KKNK is bewus van die vermoë van die kunste om histories verdeelde gemeenskappe bymekaar te bring (dit is langtermyn).

Die verband tussen toerisme, feeste en kunste
As jy kyk na die KKNK dan kan jy sê dis ’n vorm van kultuurtoerisme wat tot vervlakking van hierdie kuns gely het. Daar is geen plek voor “hoë” kunste nie. Deon Maas, joernalis en skrywer, sê hieroor in April 2017: “Die huidige mafia wat ons kunste beheer moet tot ’n val gebring word voordat hulle slaag in hun doel ons almal in kuns-zombies te verander.” Dié wat mal is oor die KKNK kon dit nie waardeer nie. Ek ook nie. Die KKNK is vir die mense wat in groot getalle Oudtshoorn toe trek. Die musiekliefhebbers kom nie om na ’n skoolmeester te luister oor tot watter skone kunste hulle lief moet hê nie. Ek sê: Jy moet van die KKNK afbly. Dit moet vir my net ’n fees bly. Dis hoekom ek 10.000 km reis (ek is Nederlander) om my te dompel in hierdie fees.

Byskrif: Jans Rautenbach
Op Vrydag 14 april 2017 het die KKNK-bestuur ’n feesmaal gegee ter herdenking van die eerste sterfdag van Oom Jans. Ek had die voorreg daar by te wees (soos die hele week van die KKNK vir my as ‘n voorreg gevoel het). Ons het die gunstelinggeregte van Oom Jans geëet.) As Nederlander het ek spesiaal geniet van die aand en die snert. Jans en sy vrou Almeri had/het 'n B&B "Oulap" op De Rust (by Oudtshoorn).

Bronnelys:
·         Die opkoms, dinamika en betekenis van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees: 1995-2005; Herman Kitshof (aflaai: http://bit.ly/2f8KTTt)
·         Webtuiste van KKNK http://kknk.co.za/
·         Artikel Netwerk24 http://bit.ly/2f9wqXj
·         Jans Rautenbach Wikipedia http://bit.ly/2vLfLQ9

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking