Dinsdag 12 September 2017

Ons Japie Anna Barry Ena Jansen 9781485306177


Ek het ’n deur Ena Jansen geteken kopie van hierdie boek.

Die dagboek van Anna Barry begin op 26 September 1899. Haar eerste woorde: “Ek het besluit om ’n dagboek te hou want daar is sterk gerugte van oorlog teen Engeland en as ons in ’n oorlog gedompel word, sal daar dinge gebeur wat van groot historiese belang sal wees.” Dié teks skryf Anna wanneer sy vyftien is. Asof sy dink sy moet die oorlog dokumenteer. As jy op hierdie leeftyd so ’n analise kan maak van wat nog moet gaan gebeur, dan weet jy die boek gaan jou dieper insig gee in wat aangegaan het in die Boereoorlog (1899-1902). Dit gaan oor taal, politieke mag, sosiale status en lojaliteit.

Anna had ’n broer: Japie. Hy sterf in ’n konsentrasiekamp op Ceylon (1900). Dan het sy Pa reeds sy eed van neutraliteit afgelê by die Britte. Nou is hy een “hensopper”, sosiaal ’n looser. Dit het groot impak op Anna. Die Bittereinders het in teenstelling tot die hensoppers sosiaal aansien gehad. Anna-hulle se plaas ”Abrikooskop” lê naby Ficksburg aan die grens met Basoetoland (nou Lesotho).

Anna het die oorlog verwarrend gevind ondanks haar intelligensie. Dit was nie verwarrend nie. Dit was baie ingewikkeld. Nou nog. Kort ná die oorlog skryf Anna: “Ons verneem dat die Britse Regering Engelse setlaars op die plase wat Oom Jan Keyter verkoop het gaan vestig. Die plase is oor die ganse Fickburgdistrik versprei en dit sal beteken dat daar nou nog ’n ander element in ons gemeenskap ingevoer word en ons samelewing dus nog ingewikkelder gemaak word. Nou sal daar wees Wilde boere, mak Engelse, vlugtelinge, Khaki-boere, hensoppers, krygsgevangenes en Engelse Khaki’s. Ons sal almal bure wees…..” En so het die kontrei begin aan die 20e eeu. In dié eeu het veel gebeur.

Plaas Abrikooskop. Foto Ena Jansen.
Ena Jansen gee jou insig in wat aangegaan het in Abrikooskop se kontrei in daardie tyd. Ena skryf: “Deur die opgetekende verslag van die belewenisse van haar familie, bure en vriende te publiseer, beding Anna Barry uiteindelik vir haarself en die hele gesin ’n plek in die geskrewe geskiedenis…”

Ek gaan die boek weer lees. Baie dankie Ena.

Meer oor die boek en agtergronde: http://bit.ly/2y2quqK

Ek is bly met enige terugvoer.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking