Woensdag 27 September 2017

Drie gedigte van Ingrid Jonker en fliek oor haar lewe "Black Butterflies"

Ingrid Jonker is in 1933 gebore.  Toe sy 30 jaar is het sy André P. Brink (sie http://bit.ly/2xBbxvY) raakgesien en hom se lewe onderstebo gekeer. Hulle het lief vir mekaar geword. Ingrid was 'n groot digter. Die lewe was vir haar nie maklik nie. Sy had eintlik 'n verhouding met Jack Cope. Die verhoudings met die mans het deur mekaar geloop. Sy het in haar lewe baie gedink aan die dood. Toe sy 27 was het sy die gedig "Die kind is niet dood nie" geskryf. Sy neem dit op vir die onderdruktes in daardie tyd in Suid-Afrika. Nelson Mandela het die gedig gelees by die opening van die nuwe demokrasie in 1994. Op 19 April 1965 loop sy die see in en sterf daar. 
Die lewe was vir haar 'n marteling. Hieroor is 'n fliek gemaak met die titel "Black Butterflies". Hier kan jy die fliek sien http://bit.ly/2xSqbBu.

Die kind wat dood geskiet is deur soldate by Nyanga

Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart
Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots

Die kind is nie dood nie
nòg by Langa nòg by Nyanga
nòg by Orlando nòg by Sharpville
nòg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met 'n koeël deur sy kop
Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte
van moeders

die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat 'n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat 'n reus geword het reis deur die hele wêreld

Sonder 'n pas




Die Smart van Ingrid klink door in die gedig Korreltjie sand. "Timmerman bou aan 'n kis. Ek maak my gereed vir die Niks........niks is my dood."


Korreltjie sand

Korreltjie korreltjie sand
klippie gerol in my hand
klippie gesteek in my sak
word korreltjie klein en plat

Sonnetjie groot in die blou
ek maak net 'n ogie van jou
blink in my korreltjie klippie
dit is genoeg vir die rukkie
Kindjie wat skreeu uit die skoot
niks in die wêreld is groot
stilletjies lag nou en praat
stilte in Doodloopstraat

Wêreldjie rond en aadblou
korreltjie maak ek van jou
huisie met deur en twee skrefies
tuintjie met blou madeliefies
Pyltjie geveer in verskiet
liefde verklein in die niet
Timmerman bou aan 'n kis
Ek maak my gereed vir die Niks

Korreltjie klein is my woord
Korreltjie niks is my dood


Hier skryf Ingrid oor haar eie dood.

Ontvlugting

Uit hierdie Valkenburg het ek onvlug (Valkenburg is 'n psigies hospitaal.) 
en dink my nou in Gordonsbaai terug:

Ek speel met paddavisse in 'n stroom
en kerf swastikas in 'n rooikransboom

Ek is die hond wat op die strande draf
en dom-allenig teen die aandwind blaf

Ek is die seevoël wat verhongerd daal
en dooie nagte opdis as 'n maal

Die god wat jou geskep het uit die wind
sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

My lyk lê uitgespoel in wier en gras
op al die plekke waar ons eenmaal was.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking