Maandag 25 September 2017

Kuier in die Wes-Kaap 2018

Ek het in April 2017 in Suid-Afrika gewees. Juanita du Plessis sing op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn. Di’s al wat ek gewil het: Suid-Africa toe, Juanita toe. Ek had my reis beplan: vlug, kar, oornag in Kaapstad, ry na De Rust, check in by Housemartinsa.co.za, bly daar tot ek weer huis toe gaan. Tussenin kuier ek op die KKNK.
Jy dink hierdie besoek aan Suid-Afrika het baie maer gewees. Niks is minder waar. Wat het diƩ my dan gebring? Afrikaans, mense en kultuur in oorvloed. Ek is so dankbaar vir als wat in die Wes-Kaap op my pad gekom het. Ek het mal geword oor Suid-Afrika.

Tsitsikamma
In maart 2018 gaan ek weer KKNK toe. Ek bly weer by Theresa en Jan van Housemartin in De Rust. Maar ek beplan my reis nou anders as die verlede jaar. Hierdie keer luister ek na my vrou. Ek sal so ’n twintig dae bly. Eerste is natuurlik die week lank KKNK. Dit beteken kuier met mense (in Afrikaans) en geniet van die kultuur.  As die KKNK verby is ry ek Port Elisabeth toe. Ek bly daar twee nagte en sal die Addo reservaat besoek. Dan staan Stormsrivier (Tsitsikamma reservaat) op my lysie, ook vir twee nagte.
Ek sal die reis afsluit met nog ’n paar dae op De Rust en dan vlieg ek weer huis toe.

Keurboomstrand
As ek op pad is gaan ek Keurboomstrand sien. (Ek slaan die bungy jumping van die Bloukransbrug oor.)
Ek sal ook die gevolge sien van die teisterende brande in Plettenbergbaai en Knysna van Junie 2017. Eintlik wil ek ook oor die Robberskiereiland stap maar weet nie wat die brand daar aangerig het nie. Ek hoop daar is nog tyd om ’n stop te maak by Dolphins Point.
As ek op De Rust is wil ek die Sartbergpas ry. (In April 2017 gesluit weens swaar reenbuie.) Ook wil ek die waterval Rust en Vrede belewe en ook ’n volstruisplaas (http://www.cangoostrich.co.za?) Op Oudtshoorn gaan ek die museum Langenhoven besoek. En ek wil Mosselbaai toe vir die Point of Human Origins.

As jy voorstelle het, skryf my asseblief.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking