Hierdie memoir het André Brink geskryf vir sy laaste liefde, Karina wie
hy in 2006 getrou het. Dit was ’n plesier om dié boek te lees en ek het baie
geleer oor wat gebeur het in Suid-Afrika sedert die sestiger jare. 'n Vurk in die pad gaan oor keuses wat 'n mens maak in sy lewe (groot of klein) en hom bring waar hy nou is. Hierdie boek gaan ook oor wat aangegaan het in Parys in 1968, waar Brink toe gebly het. Hy het die apartheid
teëgestaan. Hy het die “woord” gebruik om te veg teen die uitsluiting van
swartes in Suid-Afrika. André Brink is gebore in 1935 en sterf in 2015.
Suid-Afrikahuis
Nederland en Suid-Afrika het baie om mekaar te bied! Dit is die
mening van die Suid-Afrikahuis wat daarna streef om die Nederlandse
belangstelling in Suid-Afrika lewend te hou en te stimuleer. Hulle het onder
andere ’n webwinkel waar hulle Afrikaanse boeke verkoop. Dis waar ek
“randomwise” die Vurk gekoop het. Ek het nie geweet wat om te verwag nie. Maar
dit was “bingo”! Nooit tevore het ek sommer ’n boek begin lees wat amper 500
bladsy het. Maar nou het ek my soos ’n baie honger leeu deur die boek gevreet.
Ek skryf hier een klompie gedagtes wat ek deur die boek gekry het.
Prosa laat mens dink
Afrikaanse prosa gee my insig in taal en kultuur van Suid-Afrika. Dis
vir my lekker om te lees, ek wieg op die kalme golwe van die diep blou see: “…asof
niks op aarde kan vergelyk met die daaglikse herontdekking van wat dit beteken
net om te wéés nie.” Of: “waaragtig verantwoordelyke vryheid word mens nooit
verniet aangebied nie. Dit moet voortdurend opgeëis en verower –en verdien-
word.” André Brink skryf ook: “Vryheid is iets wat vir ’n mens net so nodig
is as liefde.” Hierdie gedagtes gaan diep en ek het die voorreg dat die skrywer
my saambring. En ek verstaan: ’n Mens
behoort vry te wees om te wéés.
’n Paar pêreltjies uit die Vurk
Ek string die Afrikaanse taalpêreltjies wat ek ontdek het. Eendag sou dit
‘n pragtige halssnoer kon wees. Daardie dag kan ek sê: Afrikaans is my
opvolgtaal. Maar dis langpad.
Voorbeelde van díe pêreltjies: my sê te sê; sing-sing en lag-lag; sêvra; dagha; ululering; die bome wat bot; ek is hoeka nie lus vir
jou grappies nie, apologeties; ondertrouery, gestoomroller word, stiksienig,
gematrikuleer, ikabod sê en repudeer. Hoekom ek vind díe woorde apart?
Of sy bestaan nie in Nederlands nie of sy hê in Nederlands ’n ander betekenis.
Boonop vind ek “Langenhoven se Loeloeraai” beelderig.
1968
Ek was 32 toe ek begin het sê ek is ’n kind van 1968. Ek was as tiender
teen die establishment. Ander style van klere- en haardrag. Ander musiek (Moody
Blues en die Beatles). Ons nuwe generasie wou los wees van die ou verstikkende
standaarde. Ons het gevind ons het die reg om ons sê te sê. Ek had toe nie die
benul daar het baie meer aangegaan het nie. Nou is ek ‘n ouer man en kry dieper
insig in wat daar plaasgevind het. Hoekom? Okkasie; soos my hele
Suid-Afrika-liefde. Die Vurk het ook op my pad gekom. Iewers het ek 'n besluit geneem wat my op hierdie pad gebring het. Opnuut is een houtjie op die vuur gegooi wat nou brand binne my.
Vrij wees
In vrye samelevinge het ’n mens geword tot ’n verbruiker van vryheid.
Asof die vryheid iewers aangebied word. Ja, deur die owerheid, dat is te sê,
solank in die land rêrig demokrasie heers. Ligloop. Die skeiding van magte moet
absoluut gehou word. Ons het gesien dat leiers wat gekies word hulle ontwikkel
as despoot. Dit het gebeur in die Derde Ryk. Dit is aan die gebeur in Turkye.
Moenie dink “check and balances” is holrug gery nie. Dis hoekom Suid-Afrika het
nog toekoms. Lank lewe die waghond vir die Grondwet (Konstitusionele Hof).
Elite
In 1968 was ons teen die establishment. Nou is dit die elite wat nie deug
nie (in die oë van populiste). Brink skryf oor die jeugrevolusie van 68: “Dit
was daar. Dit het gebeur. En omdat dit eenkeer gebeur het, kan dit weer
gebeur.” Ek stem saam. Ek dink aan die Arabiese Lente. Dit kan ook gebeur in
Nederland of in Suid-Afrika; ooral waar elite is. En elite is ooral. Deurentyd
sal daar elite wees.
ANC
Die laaste sin van Brink se memoir (in 2009 geskryf): “Meer as ooit
tevore is dit vandag vir die ANC nodig om in sy huidige positie van morele
bankrotskap die hand in eie boesem te steek en te bepaal waar –en hoe- dit so
tragies weggedryf het van die Vryheidsmanifes.”
Dit sou vandag nog geskryf kon wees. Brink was nie dom nie.
Jos Sutmuller
15 Juli 2017
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking