9 april 2017
Gespreksreeks in KN24 se tent. (KN24 is 'n Suid-Afrikaanse televisiekanaal.) Op hierdie foto staan ek met Waldimar Pelser. Ek ken hom van televisie. Hy het gesels met Mzwanele (Jimmy) Manyi en dr. Mathews Phosa oor Zuma en die Gupta’s. Phosa sê Zuma moet gaan en die Gupta’s moet die land uit. Manyi is ’n voormalige regeringswoordvoerder (ANC). Hy het bande met die Gupta’s. Sie hieroor: http://bit.ly/2riF10G. Phosa is later genomineer om kandidaat te wees vir die presidentskap van die ANC en later van Suid-Afrika.
Kyk die TV-verslag van hierdie gesprek: http://bit.ly/2omQiZH.
Waldimar is redakteur van Rapport en Woensdae om 21.30
uur die aanbieder van KNverslag in gesprek op kykNET (televisie en youtube).
Saands het ek en Otto (ook 'n gas) begin braai. Die donker wolke was onheilspellend. En toe het die valwinde begin waai. Die stoele by die swembad het door die lug gevlieg. Dis nie sommer ’n story nie. Weerligte en donder het die donderbui aangekondig. En toe het die reën begin uitsak. Nie een bietjie nie! Nee, baie reën en haël. Baie beangstigend. https://youtu.be/2vHC7u-Gf9Q. Die krag het uitgeval.

Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking